• slide-test3.jpg

Welkom by Harmonie Ekoplaas
Boogjag en Wildtelers

  • Oor Ons

    Oor Ons

  • Boogjag

    Boogjag

  • Wildtelers

    Wildtelers

  • Kontak Ons

    Kontak Ons

Harmonie Ekoplaas is geleë in die middel van die Waterberg distrik, ongeveer 120km Noord vanaf Pretoria. Die plaas is 'n stukkie ongerepte bosveld wat ongeveer 900 hektaar beslaan, waarvan 500 hektaar vir jag en rekreasie gebruik word en 400 hektaar vir die intensiewe teel van wild.

Die plaas bestaan uit tiepiese bosveld savanna met soetveld en akasias, 'n groot hoeveelheid maroela en hardekool bome is 'n kenmerk van gesonde veld wat goed bestuur word. Die plaas huisves 14 spesies wat gereeld besigtig word. Populasies word bestuur deur boogjag en verkope van lewendige wild.

Die bestuurspan is gedrewe om die boerdery as 'n ekonomiese eenheid te bestuur, dit word gedoen deur in harmonie met die natuur saam te werk en ingeligte besluite te neem wat optimale benutting van die grond tot gevolg het.