Fasiliteite


Akkommodasie

  • Een losstaande rondawel met een dubbelbed en twee enkel beddens
       met lugversorging, kombuis en yskas en twee badkamers.
  • Een losstaande kamer met twee enkel beddens en lugversorging en badkamer.
  • Een rondawel met 'n dubbelbed en twee enkelbeddens elk met sy eie badkamer
       en lugversorging, gekoppel aan hoof plaashuis.
  • Luukse hoofhuis met 4 slaapkamers en 4 badkamers. Slaap 8.
       Eie sitkamer, kombuis en lapa.
  • Luukse chalet met 2 kamers en 2 badkamers. Slaap 4. Eie kombuis en lapa.
  • Alleenstaande kamer. Slaap 2.

Harmonie kan ook as 'n eenheid bespreek word en bied slaapplek vir 14 persone.

  • Alle verblyf gebruik 'n gemeenskaplike braai area, daar is 'n losstaande kombuis
       met kafee-yskas en oond beskikbaar vir groter groepe.
  • R500.00 per persoon per nag.
  • Kinders onder 12 bly gratis.

Jag

Ons beskik oor vyf skuilings op perfekte liggings, met meer as genoeg skiet-gate en kamera-gate vir elke rigting. Skiet afstande van tussen 10m en 25m omring deur water en voer – wat die ideale ligging is vir 'n suksesvolle jag.