Oor Ons

Agtergrond

Ons teel beleid is eenvoudig om die genetika wat ons het te verbeter, ons streef na optimale gebruik van die grond met so lae impak op die veld as moontlik. Goeie genetika sal altyd in aanvraag wees en daarom bekom ons so ver as moontlik die beste genetika wanneer ons troppe vestig, van daar af gebruik ons noukeurige seleksie prosesse om ons troppe op te teel tot volle potensiaal.

Infrastruktuur

Ons het sewe teel kampe opgerig met passiewe boma stelsels. Die gemiddelde teel kamp grootte is 60 hektaar. Alle kampe is ten volle geëlektrifiseer en versterk teen roofdiere omdat ons voel dat dit 'n groot verantwoordelikheid is om met diere te teel en ook sterk voel dat genetika nie gemeng moet word nie. Ons maak staat op byvoeding en natuurlike ruvoer om ons diere in optimale kondisie te kry sodat ons maksimum produksie kan geniet.

Spesies

Ons fokus op Goue Wildebeeste, Konings Wildebeeste, Zambiese Kruis Swartwitpense, Swart Rooibokke, Koper Springbokke en Buffels.